COPYRIGHT RESERVED ON ALL IMAGES IN SHOP
These lovely fluffy sheep named Wollie and Mollie is approximately 47cm.
Wollie and Mollie are friendly characters and loves meeting new friends.
Perfect gift for a little ones birthday or a baby shower.
Please make sure you choose Wollie(boy) or Mollie(girl) in the drop down menu.
We make use of Pepstores Paxi Courier Service to your nearest Pepstores branch, please make sure you complete these details at check out.
Vrug van die Gees – Linda van Heerden
Sagteband, 104 bladsye
Hoe is hierdie boekie gebore?
Ek is God se geliefde, ‘n Koningskind geseën met ‘n passie vir woorde en hulle betekenis, ‘n ware boekwurm. Ek het jare gelede by ‘n werkswinkel oor engele twee ‘geskenke’ gekry: ‘n leë boek & ‘n pen. Daardie geskenke het onbenut gebly, maar was tog altyd in my onderbewuste.
My reis met die boek het begin omdat ek deur die Bybel, en deur Jesus se woorde en dade, al hoe meer bewus geword van hoe God eintlik wil hê dat ons as Sy kinders moet lewe. Ek het ook deur Galasiërs 5 diep bewus geword van die voortdurende stryd, die ‘geveg’, tussen die ‘ou mens’ en ons optredes volgens ons sondige natuur, en die ‘nuwe mens’ wat, nadat jy jou lewe aan God oorgegee het, die vrug van die Gees dra en behoort te dra.
Ek het besef hoe ver en hoe gereeld ons mensekinders hierdie geveg verloor. Dit het gevoel asof God vir my sê: “My kind, Ek kyk na My kinders, na mense soos jy wat sê dat hulle in My glo, maar Ek sien maar min van die vrug van die Gees in hulle lewens... waar is die liefde, waar is hul vreugde, waar is hul geduld….?”
Ek het weer in Johannes 15 gelees oor die Wingerdstok en die lote. Net soos wat ‘n loot aan ‘n wingerdstok gekoppel moet wees voordat dit vrugte sal kan kan dra, moet ons as die ‘lote’ aan Jesus, die Ware Wingerdstok, gekoppel wees voordat ons vrug sal kan dra. In Johannes 15:16 maak Jesus dit ook baie duidelik dat Hy ons uitgekies en aangestel het om vrugte te dra, vrugte wat sal hou. Ek het begin wonder:
Getrou aan my aard het ek ‘n boek daaroor begin soek, maar kon net Engelse boeke daaroor vind. Géén Afrikaanse boek nie. En God druk op my hart: “Nou maar gebruik dan nou daardie onbenutte leë boek en die pen, My kind, en skryf só ‘n boek in Afrikaans.”
Die boek “Vrug van die Gees” is my geestelike reisjoernaal op soek na die betekenis van elkeen van die woorde wat die negevoudige vrug van die Gees beskryf. Ek ondersoek eerstens die mens se vermoë om vrug te dra aan die hand van die analogie van die wingerdstok. Vervolgens ondersoek ek elkeen van die nege eienskappe afsonderlik uit die hoek van die Woord, stories en gebeurtenisse, ander skrywers se toepaslike woorde, en grepies uit preke wat my diep geraak het. Elke hoofstuk sluit af met
Dit is my gebed dat die boek sal help om die woorde van Gal 5:25 “Ons lewe deur die Gees, laat die Gees ook nou ons gedrag bepaal” van ons almal waar te maak. Kom ons gaan saai God se lig en liefde kwistig deur die Vrug van die Gees tot eer van Sy Naam!!
During checkout, please let us know which Courier Guy Pudo Locker is closest to you, in the comments box.
NO Aqueous. Ingredients of Karoo Lips: coconut oil, shea butter, beeswax, lipstick, lemon oil (10ml)
Laat die skrywer toe om jou weg te voer in hierdie boek wat jy nie gaan kan neersit nie!
Boesmanland, vat my hand. So sing ons hom. So dans ons hom en so luister ons na hom. Daar is, vir ons Boesmanlanders, net een land — en dit is die Boesmanland.
Hannelie van Niekerk, ‘n Boesmanlander in murg-en-been, bly op Brandvlei en wil graag met haar boek stories weergee oor die Boesmanland humor — humor vanweë droogtes en swaarkry. Sy wil graag hê dat mense hierdie boek moet lees om dit te geniet en om sodoende meer van die Boesmanland te weet.
Sy begin haar boek met ‘n gebed, soos wat ons in die wêreld alles met ‘n gebed begin, of open. “As jy nie in die ou wêreld van ons geloof het nie, kan jy maar jou goedjies pak en loop.”
Formaat: Sagteband
Bladsye: 114
Karoo women at work for a farming district in need
© Save The Sheep Products. All Rights Reserved
Notify me when xxx is available.
