COPYRIGHT RESERVED ON ALL IMAGES IN SHOP

Display 61e45469 8795 4e97 b7e5 8896acdaf10f

Kopskade en Baie Genade - Hannelie van Niekerk

Quick Overview

n Moet lees boek vir almal! 

“As ek nie ‘n gelowige mens was nie, sou ek nie deur hierdie verskriklike tyd kon kom nie”, skryf Hannelie in haar voorwoord. As ma staan sy by haar stukkende kind met breinskade in die hospitaal na ‘n motorongeluk en voel aan dat die Here se wonderwerkende krag haar kind en ook hulle as ouers deur hierdie seer sal kry.

Dit raak vir haar ‘n lang dag -tot-dag belewing van goed en sleg, positief en negatief, aanhou en uithou en steeds afhanklik voortgaan. Dikwels voel dit asof ook sy kopskade opgedoen het! Die hospitaal word haar vertoefplek en omgee-mense haar skuilplek.

As sy dus maande later skryf: “Die Here wil hê ek moet vir Hom getuig, vir ander vertel van Sy krag en Sy genade”, is dit die geboorte van hierdie boek.

Sy voer haar lesers baie eerlik saam op die pad van onsekerheid, vrees, verlange, ongeduld en woede. Tog ook deur jubelinge van vordering en hulpverlening en bystand en liefde en herstel. ‘n Mens kan nie anders nie as om met respek by haar te leer dat jy kan weet dat jy eintlik op die beste plek is as jy in God se wil is, selfs al lyk alles om jou sleg…

As jy van geloof wil lees en leer hoe om die klein dingetjies in die lewe daagliks meer te waardeer, gaan KOPSKADE vir jou beslis tot stigting wees.

Carine Visser

Formaat: Sagteband
Bladsye: 171

R220.00


Quantity

Related Products

BABY Vests - Bottel en Bler
Quick view
BABY Vests - Bottel en Bler
R120.00 - R140.00
MUGS
Quick view
MUGS
R65.00
RECIPE BOOK - STS
Quick view