COPYRIGHT RESERVED ON ALL IMAGES IN SHOP

Anne Macpherson -  Thank you for my recipe book. I mentioned when I ordered it that my Afrikaans is not very good but I knew the recipes would be worth my efforts at translation 😀 last night I sat in bed with Google translate at my side and am so keen to try out the recipes. Maybe my cooking and my Afrikaans will improve! Enjoy your well deserved break and all the best for a better year in 2021

 

Jeanine De Klerk -   Dankie Save the Sheep vir my pragtige resepteboeke en my stunning lavender skapie sepies. Julle lê my na aan die hart x

 

Alta Cloete -   Lewe in die tyd van korona  Ek sit en tjank onder 'n boom by die stil Taalmonument oor my resepteboek van Sutherland se Save the Sheep-projek. Die droogte kry nie reg om ons mense te breek nie, maar hulle kry bitter, bitter swaar. Ja, dis 'n vreeslike jaar, maar die wêreld is ook vol dapper mense wat blymoedig aanhou doen wat hul hand vind om te doen. As jy ietsie te spaar het, bestel vir jou 'n resepteboek by info@savethesheep.co.za of 0721016514. Jou skrale R200 kan dalk 'n boer van algehele wanhoop red.

Elsabé Putter -   Hierdie koekies is baie, baie lekker, n mens kan regtig nie ophou as jy eers begin eet het nie. Ek het net een "klagte" uit Tulbagh uit gehad....... almal het elke keer te min bestel. 😂😂😂😂 Hoop julle bak in 2021 ook, my bestelling sal eerste by De-Manndi wees! 🌸 Dankie vir jul absolute puik diens gedurende die jaar.

Nonna Birk  -  Ek is inloooove met daardie koffiebeker,die prentjie is so cute🥰

 

Sandra Kotze  -  Toe ek die eerste koffiekoekie proe, brand die trane agter my ooglede. Ek onthou hoe my ma en ouma en ander kere vriendinne, voor Kersfees in die kombuis panne en panne koekies gebak het. Dit proe soos regte koekies moet proe. Nie soos grootmaat winkelkoekies nie. Ek is te laat om weer te bestel, ek hoop julle kry so baie bestellings dat n’ koerier by julle kom aanklop. Dankie vir julle goeie eerlike werk, vir n’ goeie doel🐑🐏🌷💖

 

Paula Joubert -  My kussings het gekom!!!! Voorwaarlik Art on a couch❤❤❤

 

Chantél Fourie   - Dis 'n baie oulike boeke. François het die storie gelove.

 

Nadia Kriel  -   #Save the Sheep Virtual Run # Surtherland #10 km stap #1h55m49s #Done &Dusted

 

Lynne Marais  -  Ek het my skapie ontvang en is net so opgewonde. Dit so die mooiste mooi!! Baie dankie vir al die harde werk. Hierdie is vir my kleindogter maar ek is bevrees.... Sy gaan dalk met haar ouma moet baklei om dit te kry. 😁