COPYRIGHT RESERVED ON ALL IMAGES IN SHOP
During checkout, please let us know which Pep branch is closest to you, in the comments box.
Vrug van die Gees – Linda van Heerden
Sagteband, 104 bladsye
Hoe is hierdie boekie gebore?
Ek is God se geliefde, ‘n Koningskind geseën met ‘n passie vir woorde en hulle betekenis, ‘n ware boekwurm. Ek het jare gelede by ‘n werkswinkel oor engele twee ‘geskenke’ gekry: ‘n leë boek & ‘n pen. Daardie geskenke het onbenut gebly, maar was tog altyd in my onderbewuste.
My reis met die boek het begin omdat ek deur die Bybel, en deur Jesus se woorde en dade, al hoe meer bewus geword van hoe God eintlik wil hê dat ons as Sy kinders moet lewe. Ek het ook deur Galasiërs 5 diep bewus geword van die voortdurende stryd, die ‘geveg’, tussen die ‘ou mens’ en ons optredes volgens ons sondige natuur, en die ‘nuwe mens’ wat, nadat jy jou lewe aan God oorgegee het, die vrug van die Gees dra en behoort te dra.
Ek het besef hoe ver en hoe gereeld ons mensekinders hierdie geveg verloor. Dit het gevoel asof God vir my sê: “My kind, Ek kyk na My kinders, na mense soos jy wat sê dat hulle in My glo, maar Ek sien maar min van die vrug van die Gees in hulle lewens... waar is die liefde, waar is hul vreugde, waar is hul geduld….?”
Ek het weer in Johannes 15 gelees oor die Wingerdstok en die lote. Net soos wat ‘n loot aan ‘n wingerdstok gekoppel moet wees voordat dit vrugte sal kan kan dra, moet ons as die ‘lote’ aan Jesus, die Ware Wingerdstok, gekoppel wees voordat ons vrug sal kan dra. In Johannes 15:16 maak Jesus dit ook baie duidelik dat Hy ons uitgekies en aangestel het om vrugte te dra, vrugte wat sal hou. Ek het begin wonder:
Getrou aan my aard het ek ‘n boek daaroor begin soek, maar kon net Engelse boeke daaroor vind. Géén Afrikaanse boek nie. En God druk op my hart: “Nou maar gebruik dan nou daardie onbenutte leë boek en die pen, My kind, en skryf só ‘n boek in Afrikaans.”
Die boek “Vrug van die Gees” is my geestelike reisjoernaal op soek na die betekenis van elkeen van die woorde wat die negevoudige vrug van die Gees beskryf. Ek ondersoek eerstens die mens se vermoë om vrug te dra aan die hand van die analogie van die wingerdstok. Vervolgens ondersoek ek elkeen van die nege eienskappe afsonderlik uit die hoek van die Woord, stories en gebeurtenisse, ander skrywers se toepaslike woorde, en grepies uit preke wat my diep geraak het. Elke hoofstuk sluit af met
Dit is my gebed dat die boek sal help om die woorde van Gal 5:25 “Ons lewe deur die Gees, laat die Gees ook nou ons gedrag bepaal” van ons almal waar te maak. Kom ons gaan saai God se lig en liefde kwistig deur die Vrug van die Gees tot eer van Sy Naam!!
Perfect for stubborn stains.
COLD WATER: Wine, Juice, mud, blood, ink, curry, tea, coffee
WARM WATER: Diesel, fat and oily stains.
Soft on skin. Many clients combined this awesome product with their skin routine.
Bar weight approximately 230g.
Length: 23cm
Width: 23cm
Uit die pen van talentvolle skryfster Hannelie van Niekerk. Die Boesmanland, in die Noordweste van Suid-Afrika ervaar die ergste droogte in die geskiedenis van die dié streek. Sy het 50 boervroue gevra om oor hulle belewenis te skryf in die boek, My naam is Rut. Sy deel die opofferings, die hartseer maar ook die hoop van vele Boervroue tydens hierdie uitmergelende droogte in ons geweste. Sy het die pad saam met elke vrou gaan stap en nooi ons na elkeen se binnekamer.
Formaat: Sagteband
Bladsye: 181
Karoo women at work for a farming district in need
© Save The Sheep Products. All Rights Reserved
Notify me when xxx is available.