COPYRIGHT RESERVED ON ALL IMAGES IN SHOP

Veiling
18 / May

New Adventures for Save the Sheep Products

Our aim still is, initiate , inspire, execute. To develop talent and make sure women get the opportunity to be self reliant is our passion and objective.

New adventures for Save the Sheep Products

Above: Remember about our art auction: Whatsapp Lani to place your bid 083 697 3333. Ends 31 August 2022.

2021 was seker een van die moeilikste jare, nie net vir ons as Above: Wollie, available on orderKarooboere nie, maar ook vir die hele land.  Al was dit 'n jaar van uitdagings was dit ook 'n inspirasie om te kan sien en beleef hoe vroue moue oprol en begeesterd weer beheer oor hul lewens neem.  Kreatiwiteit het 'n lig in 'n donker tonnel geword.  Ons staan soms verstom hoe vroue 'n klein idee neem en daarvan 'n besigheid maak.  En ons is steeds van plan om hierdie talent wat soos 'n sonneblom sy gesiggie na die son draai, te soek en te ontgin tot voordeel van almal.  Ons wil en gaan 'n stukkie Karoo inbring in dele van ons land en wyer, sodat almal die son en wye vlaktes van die Karoo hul eie kan noem. 

 

Our aim still is, initiate , inspire, execute.  To develop talent and make sure women get the opportunity to be self reliant is our passion and objective.

 

Ons beplan om ons winkel uit te brei, om nuwe produkte op ons rak te plaas en jou, die koper, die kans te gee om heerlike en pragtige keuses te maak vir jou huis en spens.

 

Hou ons dop vir 'n paar handige baba benodigdhede, vir daardie nuwe toevoeging tot die gesin.  Lekker bekostigbare geskenke vir 'n ooievaarstee is op ons agenda.

 

We plan to include fudge to our cookie range, and we promise that this also will be a winner as with our tasteful cookies and rusks.

 

En natuurlik wil ons Karoovleis se geur bring tot by elke braairooster en tot in elke kombuis.   Die Spice Tannie beloof om heerlike bekostigbare braaisout en ander speserymengsels binnekort beskikbaar te stel. 

 

Baie dankie vir elkeen se ondersteuning. Dit beteken oorlewing vir menige vroue en hul gesinne.

 


Mag 2022 nie net vir ons nie, maar ook vir ieder en elk 'n jaar wees waar hindernisse afdraende word.

 

Karoo Groete, die Save the Sheep Produkte Span















Shop online: www.savethesheepshop.co.za

Social Media, Facebook and Instagram: Save the Sheep Products